Brave Warriors op pad na Johannesburg

Die Brave Warriors vertrek vandag na Johannesburg ter voorbereiding van hul Fifa Wêreldbeker-kwalifikasiewedstryde teen Ekwatoriaal-Guinee en Sao Tome e Principe. Afrigter Collin Benjamin het ‘n 25-tal vir die komende wedstryde aangekondig, met die mees noemenswaardige weglating die doelskieter Peter Shalulile, wat beseer is. Brave Warriors speel teen Ekwatoriaal-Guinee op 15 November en Sao Tome e Principe op 21 November. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die hoofafrigter, Collin Benjamin, gesels oor hul voorbereiding.