Fishcor-sage draai in parlement
Fishcor se pleidooi vir ‘n finansële reddingsboei het in die Nasionale Vergadering gaan draai. Bernadus Swartbooi, leier van die Landless Peoples Movement, het aan visserye-minister Derek Klaazen die pad vorentoe gevra oor Fishcor wat ‘n vermeende tekort van 500 miljoen Namibiese dollar aangeteken het. Swartbooi wil weet waarom die maatskappy nog operasioneel is en kwotas kry om vis te vang.
Klazen het reageer deur te sê die maatskappy val onder die ministerie van finansies en openbare ondernemings, maar hy wil nog steeds die vraag op skrif hê.