Onderwysstelsel bekommer Wêreldbank

Die Wêreldbank het sy kommer oor Namibië se onderwysstelsel uitgespreek te midde van hoë skoolverlating- en druip-syfers, spesifiek in die landelike gebiede. Hoewel die land sowat 25 persent van sy begroting aan onderwys bestee, is die uitdaging om die belegging te laat werk. Die bank se vise-president vir Oos- en Suidelike Afrika, Dr Victoria Kwakwa, sê hulle wil graag die land hiermee help, wat die kwaliteit van onderwysers en hul prestasie insluit. Stelsels wat leerders vroeg en deurgaans assesseer moet ook ingestel word, en daar moet nie net op eksamens staatgemaak word hiervoor nie, voeg sy by.