Versekeringsbedrog neem toe aan die kus
Die Erongo-polisie het sy kommer uitgespreek oor toenemende valse berigte van rooftogte in ‘n poging om eise in te dien by versekeringsmaatskappye. Inspekteur Ileni Shapumba sê aan Kosmos 94.1 Nuus die neiging kom al hoe meer voor en sal nie geduld word nie. Hy het sy waarskuwing so aan die publiek gerig.