AfriForum nader VN oor staatsinstellings

AfriForum het ‘n verslag by die Menseregteraad van die Verenigde Nasies ingedien wat die algehele agteruitgang van staatsondernemings in Suid-Afrika uiteensit. Die verslag noem korrupsie, wanbestuur, politieke inmenging en staatskaping as sleuteluitdagings. Die organisasie waarsku sommige ondernemings staan op die rand van ineenstorting, wat ernstige gevolge het vir dienslewering. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Charné Mostert, stel hervormings, die bevordering van mededinging en publiek-private vennootskappe voor. Sy beklemtoon die behoefte aan ‘n sterk wetlike raamwerk om korrupsie te bekamp en beleggers vir ekonomiese groei te lok: