Namibië onderteken nie EU-ooreenkoms nie

Die Cotonou-ooreenkoms, ‘n verdrag tussen die Europese Unie en die Afrika-, Karibiese en Stille Oseaan-groep van State, het in 2019 verstryk maar is om verskeie redes, soos die Covid-19 pandemie, verleng. Die sogenaamde Nuwe Vennootskapsooreenkoms, wat die Cotonou-ooreenkoms vervang, sal op 15 November onderteken word. Internasionale betrekkinge minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het egter in die parlement aangekondig dat Namibië nie die ooreenkoms in sy huidige toestand sal onderteken nie, omdat baie van die bepalings daarvan in stryd is met die Namibiese grondwet.

Sy voeg by die regering is bekommerd oor verskeie bepalings in die ooreenkoms en het dus besluit om dit nie te onderteken nie.