SA se BBP-groei dalk net 0,8% per jaar: finansminister

Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, sê die Internasionale Monetêre Fonds voorspel ‘n wêreldwye groei-verlangsaming. Dit raak die buurland weens sy handel met China, dalende verbruiksgoedere-pryse en potensiële hoër Amerikaanse rentekoerse. Godongwana skryf die swak mediumtermynvooruitsigte toe aan kragonderbrekings, swak logistieke sektorprestasie, hoë inflasie, duurder lenings en ‘n uitdagende globale omgewing. Hy het sy mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring in die parlement gelewer en gesê die groei van die bruto binnelandse produk sal na verwagting 0,8-persent per jaar wees, met ‘n gemiddeld van 1,4-persent van volgende jaar tot 2026.