VSA sal nie troepe aan Israel verskaf nieOctober 30, 2023
Amerika se visepresident Kamala Harris sê haar land het beslis geen voorneme of plan om soldate na Israel of Gaza te stuur nie. Amerika stuur militêre raadgewers na Israel, ondermeer ‘ʼn amptenaar met ervaring in stedelike oorlogvoering wat hy in Irak opgedoen het. Die land het reeds twee oorlogskepe na die streek gestuur om Hezbollah, wat deur Iran ondersteun word, te ontmoedig om by die Israel-Hamas-oorlog betrokke te raak. Harris sê Amerika staan Israel by met raad, toerusting en diplomatieke ondersteuning: