Kaapstad wil by globale natuurbewaring-liggaam aansluit
Die Stad Kaapstad se raad het ‘n voorstel goedgekeur dat die metro ‘n lid van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring moet word. Die stad sê hierdie goedkeuring is die eerste stap om amptelik aansoek te doen vir lidmaatskap. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê die lidmaatskap sal die munisipaliteit van ‘n internasionale netwerk voorsien om die stad se bewaringspogings te bevorder en hom op hoogte te hou van tegniese, professionele en internasionale natuurbewarings-neigings.