Nog ‘n onwettige aborsie ondersoek

Die Namibiese polisie in die noorde ondersoek nog ‘n geval van verberging van geboorte. Dit kom nadat ‘n man van Ondangwa wat van die werk af gekom het, op die lewelose liggaam van ‘n fetus afgekom het wat op ‘n stuk oop grond by Ronny Flats, Uutala weggegooi is. Die fetus was ongeveer 4 maande oud. Dit is sover onbekend wie die betrokke moeder is en die ondersoek duur voort.