Oopsie, Mswati se Sibaya werk nie uit soos hy wou nie

’n Swati-man het ’n mikrofoon van hom weggegryp toe hy koning Mswati in die openbaar aangesê het om politieke partye toe te laat om aan die land se verkiesings deel te neem. Die man het gepraat by die Sibaya, ‘n nasionale dialoog, wat volgens wet die hoogste adviesraad vir die koning is. Koning Mswati III het die Sibaya byeengeroep ‘n maand nadat die verkiesings gehou is. Dit is by hierdie seremonie dat die koning ook ‘n nuwe eerste minister aanstel. Pro-demokrasie organisasies het die Sibaya verwerp omdat hulle glo dit is ‘n platform vir die koning om wette onbetwis in te stel. Die laaste Sibaya waar gewone mense ‘n platform gekry het om hul mening te lug, was in 2018. Hierdie keer het dit geblyk om ‘n fout aan die koning se kant te wees om mense te hul sê te laat sê, nadat ene Sibusiso Dlamini geledere gebreek en vir demokrasie gevra het.