Ekonoom sê oor besettingsyfers 

Die nasionale besettingsyfers in Namibië het in September met vier persentasiepunte gedaal vanaf Augustus se 69 persent. Volgens High Economic Intelligence was die besettingsyfer in die sentrale streek 66 persent, teenoor die hoogste besettingsyfer van 68,9 persent in die noordelike streek. Vir die tweede maand in ‘n ry het die kusstreek die laagste besettingskoers aangeteken op 57,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, gepraat oor die pad vorentoe vir die gasvryheidsektor soos die feesseisoen nader kom.