Konstruksiebedryf het neiging om nie belasting oor te betaal nie – Shivute

Die Namibiese Inkomste-agentskap het sy sektor-spesifieke belanghebbende-sessie met die konstruksiebedryf afgehandel. Die agentskap poog om belastingverwante prosedures te stroomlyn en deursigtigheid en nakoming binne die bedryf te bevorder. Sam Shivute, die agentskap se kommissaris, deel dat daar in die konstruksiebedryf meer as 14 330 ondernemings by NamRA geregistreer is en dat hy 357 miljoen Namibiese dollar in belasting van die bedryf ingevorder het.

Shivute sê daar bestaan ‘n slegte kultuur in die land waar maatskappye van die staatsfonds steel deur nul-belastingopgawes in te dien, terwyl werkers hul belasting betaal.