Busbranders in Rio aangekeer

Brasilië se militêre polisie het 12 verdagtes aangekeer in verband met die uitbrand van busse in Rio de Janeiro na die dood van ‘n misdaad-baron. Die polisie het die neef van die leier van die grootste militantegroep doodgeskiet tydens optrede naby die stad. Die owerhede sê die man, Matheus da Silva Rezenda, was die paramilitêre groep se sogenaamde krygsheer wat aanspreeklik was vir die gebiedsoorlog met ander bendes wat Rio terroriseer. Die waarnemende goewerneur, Claudio Castro, beskryf Da Silva Rezenda se dood as ‘n swaar slag vir die groep.