LGBTQ-leerders, Namibiese skole en die wet

Die onderwys-ministerie het hom sterk uitgespreek teen leerders wat nie in klasse toegelaat word nie weens hul kleredrag. Dit kom ná ’n klag van ’n ouer dat haar dogter wat lid is van die LGBTQ-gemeenskap nie in klasse toegelaat word nie, veral in die eksamentyd, omdat sy verkies om grys skoolbroeke in plaas van skoolrokke te dra. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar moet ‘n kopskuif onder skoolhoofde en departementshoofde wees vir konstruktiewe gesprekke in plaas van om leerders te straf.