Trustco en NamRA stoei voort in die hof
Die hoë-profiel saak tussen die Trustco-groep en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, kom vandag voor regter Shafimana Ueitele vir ‘n statusverhoor voor. Die saak het betrekking tot NamRA wat kennisgewings uitgereik het waardeur hy bankrekeninge van die Trustco-groep wou blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel in belasting en rente. Trustco het die dringende aansoek saam met 43 aansoekers in die hoërhof gebring. In ‘n bevel deur Ueitele, na ‘n ooreenkoms tussen die partye, het NamRA die kennisgewings wat hy uitgereik het terugtrek en geen nuwe kennisgewings uitreik nie, hangende die uitkoms van ‘n aansoek waarin Trustco die hof vra om verskeie bepalings van die belastingwetgewing ter syde te stel. Trustco sê van die bepalings is ongrondwetlik. Op die oomblik dien die partye stukke in, in ‘n interlokus aansoek deur Trustco en die partye het ooreengekom dat die saak tot Maart volgende jaar uitgestel word.