Israel ook slaags met Hezbollah
Israel sê sy vliegtuie het Hezbollah-teikens in Libanon aangeval en dat een van sy soldate deur ‘n tenkmissiel getref is, in oorgrensgevegte waaring ses Hezbollahvegters gesneuwel het, volgens die Iran-gesteunde groep. Met die grensstreek wat sy ergste geweld in jare ervaar te midde van Israel se konflik met Gaza, sê die Israeliese weermag dat dit met Hezbollah in ten minste vier verskillende gebiede langs die Libanese grens slaags was. Die vyandelikhede het inwoners aan albei kante gedwing om uit hul huise te vlug. Israel se weermag sê sewe soldate is sedert 7 Oktober dood. Hezbollah sê 19 van sy vegters het gesterf, terwyl burgerlikes en joernaliste ook gesneuwel het, insluitend een met Reuters.