Goud styg te midde van konflik in Midde-Ooste

Die goudprys is op met die edelmetaal wat skerp gestyg en ‘n vier-weke hoogtepunt bereik het. Groter risiko-aversie in die mark weens die geweld in die Midde-Ooste, veroorsaak dat handelaars en beleggers soek na veilige hawe-bates soos goud en silwer. Goud verhandel tans net bo 1 950 Amerikaanse dollar per fynons. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gepraat oor hoe hoog goud kan styg.