‘Los Afrika-lande se skuld af en los brandstofsubsidies uit’

Beleidmakers in Afrika suid van die Sahara is onlangs deur die Internasionale Monetêre Fonds aangemoedig om brandstofsubsidies te verminder en meer belasting in te samel, om sodoende hul hoë skuld-tot-BBP-verhouding te verbeter. Talle lande het gewelddadige betogings teen belastingverhogings en subsidieverwydering beleef. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator, Dr. Charles Sinkala van Suid-Afrika, gepraat wat sê Afrika-lande se skuld moet eerder vergewe word.