Amushelelo verduidelik video waar hy kla dat mense vir hom geld vra
Dit is hoe die arbeidsaktivis en NEFF-lid, Michael Amushelelo, gepleit het vir geld om sy vrou Julieta op vakansie te vat. Dit het reuse-reaksie uitgelok, in die meerderheid van gevalle kritiek omdat niemand ‘n vakansie kan bekostig nie. Maar toe maak ‘n video van hom sy verskyning op sosiale media, toe hy nog as magnaat van buitelandse valuta beskryf is, voor hy vir geldwassery en bedrog aangekla is…
Kosmos 94.1 Nuus het kontak met Amushelelo gemaak om hom ‘n geleentheid te bied om die konteks te verduidelik.