Dorre Oshikoto kry 20 boorgate

Die landbouministerie se hoof van landelike watervoorsiening en sanitasie in Oshikoto, Stevenson Tuukondjele, sê hulle beplan om vroeg volgende jaar 20 boorgate in die Oshikoto-streek te installeer. Hy sê die boorgate sal in die oostelike deel van die streek geïnstalleer word, waar watertekorte ervaar word en sal waarskynlik rondom Januarie, met die boorwerk begin. Inwoners van die streek is in September gemaan om tradisionele gate in stand te hou met watertekorte wat voorkom, en om die water te suiwer.