Honger tref SA, amper helfte van die bevolking het nie genoeg kos nie

Suid-Afrika het nes Namibië uitdagings met voedselsekerheid. Altesaam 48,9 persent van die Suid-Afrikaanse bevolking sal teen 2025 nie genoeg hê om te eet nie. Dit is volgens die Shoprite-voedselaanwyser wat deur die World Data Lab saamgestel word. Volgens die navorsing sal Limpopo die ergste deurloop met 54 persent van die bevolking terwyl die syfer vir die Wes-Kaap en Gauteng ook hoog is met onderskeidelik 41 persent en 47 persent. Die Shoprite-groep se hoof van volhoubaarheid, Sanjeev Raghubir, sê honger bly ʼn direkte bedreiging vir die mensdom: