Skotland en Spanje kwalifiseer vir Euro ’24

Skotland het met twee wedstryde wat oorbly gekwalifiseer vir volgende jaar se Europese Kampioenskap in Duitsland. Dit volg nadat Noorweë nie daarin kon slaag om Spanje te klop nie. Die Skotte het nou minder doele as Spanje in Groep A, maar Noorweë wat vyf punte agter is, kan nie een van hulle inhaal nie. Afrigter Steve Clarke het Skotland nou na agtereenvolgende Europese Kampioenskappe gelei nadat die span 22 jaar lank gewag het om vir ʼn eindstryd by die Euro 2020 te kwalifiseer. Skotland en Spanje sluit aan by Portugal, Frankryk, België en Turkye wat Euro 2024 gehaal het met Duitsland wat as gasheer outomaties deelneem.