Kommer oor Kane Williamson se besering
Kane Williamson het sy terugkeer na die Wêreldbeker met ‘n onoorwonne 78 in Chennai gevier met Nieu-Zeeland wat Bangladesh met agt paaltjies verslaan het. Die kaptein was egter verplig om sy kolfbeurt weens ‘n handbesering kort te knip. Die Swartpette het 246 gejaag om te wen en hulle derde oorwinning van die toernooi gemaklik met nog 43 balle oor, behaal. Een van die kragmetings in die Wêreldbeker waarna die meeste uitgesien word, word vandag in Ahmedabad beslis, wanneer die gashere Indië hulle Suid-Asiatiese mededingers, Pakistan aanvat.