Inwoners van Kanaan C moet self opmeting betaal

Die grondopmeting van die Kanaan C informele nedersetting in Gobabis sal na verwagting ‘n totale koste van 900 000 Namibiese dollar beloop. Meer as 4 400 huishoudings woon in die nedersetting en elk moet ‘n bydrae van 210 dollar maak op die opmeting te bewerkstellig. Vir werk om te begin moet 50 persent reeds betaal wees en volgens die dorpsraad is dit die grootste uitdaging. Net minder as 381 000 dollar is reeds betaal maar meer is nodig. Jacob Tjinae, die sekretaris van die Kanaan C opgraderingskomitee het die dorpsraad om bystand gevra maar, omdat dit ‘n gemeenskapsgedrewe inisiatief is, sal hy nie betrokke raak nie. Tjinae sê die sperdatum vir betalings is 31 Oktober.