Karas-boere sê Neckartal-skema moet op die been gebring wordJune 24, 2025
Boere in die Karas-streek wil druk op die regering plaas om die groenskema by Neckartaldam te vestig. Die !Aman tradisionele owerheid sê die dam hou tans geen voordeel vir die streek in nie, al het dit miljarde gekos om te bou. Lede van die gemeenskappe wat hervestig is vir die konstruksie van die dam, sê verder die groenskema was deel van hulle voordele vir verskuiwing. Ongeveer 5 000 hektaar grond is teen einde 2023 bekom maar, verlede jaar het die regering gesê hy moet eers ‘n konsultant aanstel om die grond uit te sit vir verskeie projekte.