Amerika probeer Hamas-gyselaars terugkry
Amerika stuur ‘n span kundiges na Israel om te help om gyselaars terug te kry wat Hamas tydens Saterdag se verrassingsinval gevange geneem het. Die span sal intelligensie uitruil en Israel raad gee oor hoe om sy burgers te bevry. Sky News berig daar word beraam dat meer as 100 mense gyselaar geneem is. Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Amerikaners tel waarskynlik onder die gyselaars wat na die Gaza-strook weggevoer is. Hy en vennote in die Midde-Ooste wil ‘n humanitêre korridor skep sodat burgerlikes die enklawe kan verlaat.