Hamas wil blykbaar gevangenes uitruil
‘n Palestynse politikus sê Hamas is gereed om burgerlike Israelse gyselaars vry te laat as Israel instem tot ‘n onmiddellike skietstaking. Die militantegroep het voorheen gedreig om gyselaars tereg te stel as Israel teikens in die Gazastrook sonder waarskuwing aanval. Die leier van die Palestynse Nasionale Inisiatief, Mustafa Barghouti, sê Hamas het aangebied om al die burgerlikes te ruil vir 40 Palestynse vroue in Israelse tronke. Hy het Hamas se dreigement veroordeel en sê geen gyselaar behoort ooit doodgemaak te word nie.