Tigers sokkerspelers beseer in motorongeluk

Ses spelers van Tigers sokkerklub is in die vroeë oggendure matig beseer toe hulle in ‘n motorongeluk betrokke was. Volgens die klub se voorsitter, Nelson Akwenye, was hulle in ‘n dubbelkajuit bakkie op pad van Oshakati af na Windhoek toe ‘n band tussen Otjiwarongo en Okahandja gebars het. Die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig, wat vier keer gerol en op sy dak te lande gekom het. Die insittendes is na die Otjiwarongo staatshospitaal geneem en hul toestand is stabiel.