Wreedheid van veediefstal in die kollig

Veediefstal en -slagting hou net nie op nie, maar in die afgelope tyd het die voorvalle uiters barbaars geword. Volgens die naweekmisdaadverslag is daar in Outjo ‘n saak van veediefstal geopen nadat vier verdagtes Vrydag 18 beeste op gesteel en in ‘n kamp op ‘n naburige plaas gejaag het. Daar het hulle vyf van die beeste geslag en die res se onderbeen-senings afgesny om te verhoed dat hulle weghardloop. Een verdagte, ‘n 38-jarige Namibiese man, is agtervolg en in hegtenis geneem. Twee het weggehardloop maar die mag sê hulle is bekend. Die voormalige president van die Namibiese Landbou Unie, Piet Gouws, het sy reaksie so verwoord. 

Gouws voeg by dat as niks deur die regstelsel gedoen word nie, niks in Namibië sal verander nie.