Brent styg op vrese dat konflik kan uitbrei

Oliepryse is op met die konflik in die Midde-Ooste. Daar is vrese dat die konflik verder kan uitbrei met berigte uit Amerika dat owerhede ondersoek instel na ‘n moontlike rol wat Iran in die aanval gespeel het. Iran se president Ebrahim Rahisi het reeds Hezbollah en Hamas geluk gewens met die aanval. Intussen het Libanon se Hezbollah, wat verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het, gesê dat sou Amerika betrokke raak by die konflik, sal sy persele en terreine in die gebied almal teikens word. Amerikaanse ondersteuning is op pad na Israel.  Olie het vanoggend net bo 84 Amerikaanse dollar handel begin en op die oomblik is die kommoditeit net onder 88 dollar ‘n vat.