Man tot 30 jaar tronkstrf gevonnis vir stopery

Die Streekhof in Skukuza, Mpumalanga, het Sydney Sibuyi gevonnis tot 30 jaar regstreekse tronkstraf vir stropery-verwante misdrywe. Sy skuldigbevinding volg op ‘n ondersoek in Julie 2020 toe veldwagters Sibuyi in besit van vyf vars renosterhorings betrap het en drie renosterkarkasse ontdek het. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, verwelkom die vonnis omdat renosterstropery steeds ‘n ernstige bedreiging inhou vir wildbevolkings en hul ekostelsels: