Indië probeer oorlewendes red na kitsvloede

Owerhede in Indië is in ʼn wedloop teen tyd gewikkel om oorlewendes te red nadat 102 mense vermis word na kitsvloede in die noordoostelike deelstaat Sikkim (SIE-kim). Altesaam 22 is lede van die weermag. Minstens 14 mense is dood nadat ‘n wolkbreuk oor ‘n meer groot vloede veroorsaak het. Volgens amptenare is meer as drieduisend toeriste in verskillende dele van die staat gestrand. Die ramp volg nadat die wal van die Lhonak-meer Dinsdagaand na ʼn wolkbreuk meegegee het.