Honderde vang graad, maar waar’s die werk?
Dit is graad-vang seisoen, met meer as 300 studente wat aan die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit van Namibië gradueer. Die meerderheid van hulle gaan by die huis sit en hoop om werk te kry in die veld waarin hulle studeer het. Sommige studente gaan dalk verder studeer om hul kanse op ‘n goed-betalende werk te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê dis ‘n feit dat baie van hulle nie werk sal kry in die rigtings waarin hulle studeer het nie. Parkhouse sê die lewe het verander en studente moet versigtig dink oor wat hulle wil studeer.