Behandeling vir dobbelverslawing: Opleiding begin
Dobbelverslawing is ‘n baie groot uitdaging in Namibië, veral onder pensioenarisse. Die toerismeministerie se Dobbelraad, het pas aangekondig dat hy opleiding gaan verskaf aan verpleegsters, maatskaplike werkers en mediese beamptes in die land se streke om verslaafdes te ondersteun. Volgens ministeriële woordvoerder Romeo Muyunda, vorm die ondersteuning deel van die nuwe wetgewing en sal die eerste opleiding op 3 Oktober aan die kus plaasvind.