Brittanje sukkel met derduisende migrante

Asielsoekers en migrante wat na Brittanje stroom neem hand oor hand toe en ‘n nuwe plan is nodig om hulle te hanteer. Die oorlog in Oekraïne het ‘n reeds slegte situasie net vererger en Brittanje en veral Italië loop op die oomblik deur met duisende wat in die twee lande aankom. Die voorsitter van die Britse Arbeidersparty, Anneliese Dodds, het skrikwekkende statistieke oor die probleem aangehaal.