Stormsterk winde kan veldbrande aanjaag

Die Namibiese weerkantoor waarsku oor stormsterk winde wat vandag regoor die land gaan voorkom, wat kommer laat ontstaan onder boere en bewarings-organisies oor brande. Die grootste deel van die Namibiese binneland kan winde van tot 75km/h verwag. Volgens berigte woed veldbrande reeds op verskeie plekke in die noordooste van die land. Aangesien die veld droog is, is die vrees dat die wind die brande kan aanwakker en laat versprei. In 2022 het Namibië tussen April en 15 September altesaam 920 000 hektaar weiveld weens veldbrande verloor, volgens syfers van die omgewings-ministerie.