Kyk uit vir booswigte by Windhoek se skou

Die Windhoek landbou-, lewendehawe en motorskou is om die draai, en diewe sal sekerlik die geleentheid benut om mense van hul waardevolle besittings te probeer beroof en by motors in te breek. Adjudant-offisier Silas Shipandeni, woordvoerder van Nampol in die Khomas-streek, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die polisie gaan daar wees, maar skougangers moet versigtig wees.