Lourenço sê internasionale gemeenskap is dubbelsinning met staatsgrepe

Die Angolese president João Lourenço het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om nie dubbelsinnige seine te stuur wanneer daar gewelddadige magsoorname in Afrika is nie. Hy sê Afrika neem die toename in terreur-organisasies op die vasteland met kommer waar. Daarmee gaan staatsgrepe gepaard met veral weermagleiers wat teen regerings opstaan. Wêreldleiers moet hard en duidelik praat en in sy mening, meer ondersteuning bied aan streeksliggame op die vasteland.