Druk neem toe op Karas-owerhede, veral na ontdekkings, projekte

Druk neem toe op owerhede in die Karas-streek, sowel as die sentrale regering, veral na aanleiding van die olie-ontdekking en die groen-waterstof projekte. Inwoners wil in die welvaart deel. ‘n Groep kleinskaalse kontrakteurs het op Keetmanshoop opgeruk na die Paaie-owerheid se streekskantoor. Hulle sê tenders word herhaaldelik toegeken aan maatskappye buite die streek wat ook hulle eie arbeid bring. Selfs lede van die weermag en die polisie is van ander streke terwyl Karas met ‘n uiters hoë werkloosheidsyfer worstel. Daar was onlangs ook beroepe vir inwoners van die Suide om te organiseer en sodoende voordeel uit die nuwe ontdekkings te kan trek.