Bibi glo verhoudings met Saoedi kan normaliseer
Die premier van Israel Benjamin Netanyahu het vertroue uitgespreek dat ‘n geskiedkundige Amerikaans-bemiddelde ooreenkoms om formele diplomatieke betrekkinge tussen Israel en Saoedi-Arabië te vestig bereik kan word.
Netanyahu en Amerikaanse president Joe Biden het aan die kantlyn van die VN se Algemene Vergadering samesprekings gevoer. Die Biden-administrasie dring aan dat formele bande tussen Israel en Saoedi-Arabië, twee top-Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste, gevestig word.