92% van Suid-Afrikaners is bang wanneer polisie hulle aftrek

Action Society se jongste aanwyser oor mense se vertroue in die Suid-Afrikaanse polisie toon 92 persent van Suid-Afrika se padgebruikers voel onveilig wanneer die polisie hulle aftrek. Sowat 50 persent van die bestuurders het aangedui dat polisielede omkoopgeld gevra of geëis het wanneer hulle afgetrek is. Ian Cameron van Action Society sê volgens die data stel 75 persent van die polisielede hulself nie eens voor wanneer hulle iemand aftrek nie: