Cosby is skuldig aan teistering

‘n Jurie het die komediant Bill Cosby skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n 16-jarige meisie by die Playboy-herehuis in 1975. Judy Huth, nou 64-jaar oud, beskuldig Cosby dat hy haar en ‘n vriendin na die herehuis gelok het. Daar het hy haar alleen in ‘n kamer gekry en seksueel aangerand. Cosby is beveel om Huth 8 miljoen Namibiese dollar aan skadevergoeding te betaal. Die 84-jarige Cosby is ook van twee strafregtelike aanklagte van seksuele aanranding in Pennsilvanië aangekla. Dit is egter verlede jaar omgekeer en hy is ná byna drie jaar agter tralies vrygelaat.