90% van Namibiërs maak staat op GRN vir gesondheidsorg

Ongeveer 90 persent van die Namibiese bevolking is afhanklik van openbare gesondheidsfasiliteite vir hul mediese behoeftes. Die regering het op die oomblik 30 distrikshospitale, 43 gesondheidsentrums, en 279 klinieke. Daar is gereeld tekorte aan medikasie, en personeel, by talle van die fasiliteite, ook in stedelike gebiede, nie net by landelike klinieke nie. Talle fasiliteite is ook vervalle en oud en voldoen nie aan standaarde nie. Die opknapping van die Katutura-hospitaal se noodeenheid is ook onlangs met ‘n jaar vertraag na borge reeds in April 2021 die fondse bewillig het. Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, kan ondersteuning vir die opleiding van mediese beroepslui nie oorbeklemtoon word nie. Sy ministerie het ‘n begroting van 8 miljard Namibiese dollar ontvang.