80% van SA se skole is wanfunksioneel

‘n Verslag van die Equal Education-regssentrum het onthul 80 persent van hoërskole is wanfunksioneel. Die verslag het bevind daar is ‘n tekort aan leermateriaal, en armoede en geweld kom voor by die meeste skole. ‘n Junior-regspraktisyn by die sentrum, Pila-Sande Mkuzo, sê ‘n holistiese benadering tot onderpresterende skole word aanbeveel om te verseker swart en bruin leerders bly nie agter nie. Mkuzo voeg by ouers en skoolbeheerliggame moet bemagtig word om onderpresterende skole tot verantwoording te roep: