Saoedi sal 4 miljoen vate olie daagliks ekstra pomp

Saoedi-Arabië het ingestem om olieproduksie op te stoot na President Joe Biden se ontmoeting met die Saoedi-kroonprins, Mohammed bin Salman. Bin Salman het volgens berigte uit daardie land aangekondig dat produksie met sowat 4 miljoen vate per dag tot 13 miljoen vate verhoog sal word. Hy het ook ‘n beroep gedoen vir ‘n nouer strategiese verhouding tussen sy Westerse bondgenote en die VSA. Saoedi-Arabië se belangrikheid as ‘n energieprodusent het toegeneem ná Rusland se inval in die Oekraïne wat oliepryse skerp laat styg het.