Stad Windhoek verhoog munisipale bustariewe

Stad Windhoek het aangekondig dat munisipale bus-tariewe op 1 Augustus sal verhoog. Bus-passasiers moet hul kwitansies vir hul betalings van die busbestuurder kry. Enige passasier sonder ‘n kwitansie sal as ‘n onwettige passasier beskou word en sal deur die bus-inspekteurs of Stadspolisie-beamptes gevra word om te betaal of die bus te verlaat. Indien ‘n busbestuurder weier om ‘n passasier van ‘n kwitansie te voorsien, moet die passasier die bus-inspekteurs of Stadspolisie-beamptes in kennis stel. Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya gee die nuwe tariewe.