8 miljoen Pfizer Covid-entstowwe sal binnekort in SA verval

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla het bekendgemaak dat agt miljoen Pfizer Covid-19-entstowwe binnekort verval. Die minister sê die entstowwe sal in Oktober vernietig moet word tensy dit gebruik word. Dit kom teen die agtergrond van die inentingskoers in die land wat aanhou daal. Die afdelingsdirekteur van die Wits-gesondheidsplatform, Francois Venter sê hierdie nuus dui op ‘n mislukte entstofveldtog deur die Departement van Gesondheid. Volgens Venter het die departement misluk met sy inentingsdoelwit: