Metcalfe sê hulle eis ‘n antwoord oor Ekandjo teen Maandag

Die prokureur van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo, sê hulle soek teen môre ‘n antwoord van die party oor sy kandidaatskap vir die pos van vise-president van Swapo. Richard Metcalfe het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die korrespondensie reeds aan die party gelewer is. Ekandjo eis dat hy ingesluit word as moontlike kandidaat met die uittrede van verdedigingsminister Frans Kapofi uit die wedloop. Sou dit nie gebeur nie sal Ekandjo die hoërhof nader.