8 dood in nog ‘n massa skietvoorval in VSA

Agt mense is vandag dood en talle ander gewond in ‘n skietvoorval in die Amerikaanse stad Indianapolis. Die aanvaller wat volgens berigte alleen opgetree het, het sy eie lewe geneem. Die polisie sê die motief vir die massa-slagting is nog nie bekend nie. President Joe Biden het verlede week sy eerste stappe aangekondig om wapenbeheer te verskerp ná ‘n vlaag massa-skietvoorvalle.